Badge Boy: For excellent badges, pins, nametags and buttons

 Map Werfkaart Home*Tuis Up*Op Produkte Pryse Navrae Kontak Bybel Clarisse Diere Smileys Sport Vakansies Woorde Besighede Vlae Ander

Updated: August 8, 2008 ** Opgedateer: 8 Augustus 2008

Gratis Advertensies ** Free Ads

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

English

 

Meer oor die Badge Boy Produkte

Badge Boy vir lapelwapentjies, naamplaatjies of knopies

Die Badge Boy lapelwapentjies is beide dekoratief en nuttig vir werksplekke soos winkels, restaurante, ontvangspersoneel en talle ander. Die wapentjies kan ook aangewend word deur groepe in skole, klubs en sportspanne.

Die Badge Boy wapentjies kan benut word deur groepe wat 'n bepaalde saak in hul besigheid wil beklemtoon, soos byvoorbeeld omgewingsbewaring, herwinningsprojekte en hulpdienste.

Ons hoë kwaliteit wapentjies is oulike items om te gebruik. Dis nie net vir kinders en jongmense nie, maar personeel van besighede, lede van organisasies en so meer, kan almal die produk goed aanwend. Winkels kan die lapelwapentjies gebruik om hul personeel se name te laat vertoon. Die gebruik van wapentjies gee net daardie tikkie meer persoonlike en professionele aanslag aan 'n besigheid wanneer hul personeel naamplaatjies dra.

Die lapelwapentjies of knopies is ook baie nuttig vir groepe wat fondsinsamelings vir talle projekte wil hou vir liefdadigheid, skole en kerke. So is die artikeltjies baie nuttig by pret-draf-geleenthede, maar dit kan ook gedra word tydens ander sportgeleenthede. 'n Voorbeeld daarvan is die opkomende sokker 2010 gebeurtenis in Suid-Afrika. Baie spanne raak reeds entoesiasties oor dié gebeurtenis wat aan die kom is. Sportlede kan hulle span se name vertoon met die kentekens en sodoende hul span ondersteun.Badge Boy vir lapelwapentjies, naamplaatjies of knopies (op handsak)

Ander geleenthede soos musiek- en verskeie soort karnavalle, kermisse, verjaardag-vierings, herdenkings, partytjies, kindervermaak, feeste en talle ander vind nut by kentekens. Musikante kan hul orkes se naam vertoon en vir bemarkingsdoeleindes aanwend, nadat die vertoning verby is. Dis pret en tog ook handig en prakties.

Groter organisasies wat jaarliks fondsinsamelings hou, kan die knopies herverkoop om beide die gebeurtenis te verkondig en die boodskap van 'n bepaalde saak oor te dra. Terselfdertyd kan fondse ingesamel word met die herverkope. Voorbeelde daarvan is Oktobermaand (met kankermaand insamelings pogings) en Wêreld-biddag.

Skole kan hul eie skoolwapen of kenteken op die knopie laat plaas en met trots hul embleem vertoon. Elke afsonderlike groep vir sport, kunste, musiek, biblioteekdienste, prefekte, leiers, ens. dra dikwels dié soort wapentjies.

Belangrike sosiale en ander temas soos omgewingbewaring en die hernuwing van uitgediende produkte, se boodskappe kan alles uitgedra word met sulke lapelwapentjies. Hulle is goeie vertrekpunte vir gesprekke oor verskeie onderwerpe.

Wil jy jou mooi stad of kontrei so bietjie ekstra bemark of bekendstel? Of jy nou langs die groen-blou see in Durban, Shelly Beach of Kaapstad is, of jy nou in die binneland by Sabie of in Pretoria of een van die ander groot stede bly, 'n kenteken of lapelwapentjie met jou stad, dorp of kontrei se naam op, om die gebied te bemark, sal gewis 'n wenner wees.

Nuwe besighede het baie nut gevind met die bemarking en bekendstelling van hul produkte en dienste met lapelknopies. Firmas wend dit aan om belangrike jaarlikse funksies of kursusse, seminare of kompetisies bekend te stel.

Knopies het belangrike versierings en versamelstukke geword. Hulle is ook oulike mode-artikels en kan gedra word by allerlei klere, soos baadjies, onderbaadjies pette, hoede, saam met serpe, handsakke, skoene, skooltasse, beursies en vele meer.

Badge Boy se produkte is veelsydig, maar as u nie 'n gepaste knopie in ons versameling sien vir u bepaalde doeleindes nie, stuur gerus 'n navraag met meer inligting. Ons skep gereeld knopies met nuwe temas. Ons hoor dus graag van persone met spesiale versoeke.

By Badge Boy sal jy ontwerpe sien wat nêrens anders gekry word nie, omdat sommige ontwerpe eksklusief vir Badge Boy geskep is.

Besoek enige van die afdelings in ons versameling vir foto's van ons gewildste produkte. Dit sluit die volgende temas in:

Badge Boy vir lapelwapentjies, naamplaatjies of knopies (Versiering vir 'n baadjie)

Die pryse van ons wapentjies is billik en word van goeie materiaal vervaardig. Die knopies is almal rond, 37mm en met 'n stewig vas gehegte speld aan die agterkant. Kliek op die duimnael hieronder om 'n idee te kry van hoe die lapelknopies aan die agterkant lyk.

Badge Boy lapelwapentjie aan die agterkant Lapelwapentjie se speldjies van agter gesien

  • Daar is talle voordele met die aanwending van lapelkentekens:
    • Die lapelwapenjies is goedkoop
    • Dis heerlike itempies om te versamel
    • Die knopies versprei 'n boodskap
    • Dis as't ware lopende advertensies
    • Dit maak 'n verklaring
    • Dis lekker om met iets kleins, maar moois te spog
    • Dis tans eg modieus om 'n lapelwapentjie te dra

Stuur vir ons jou logo, slagspreuk of selfs jou eie ontwerp en ons maak dit vir jou.

Waarvan word die Badge Boy kentekens, wapentjies of knopies gemaak? Ons gebruik net die tradisionele tipe metaalbasis. Geen plastiek wapentjies vir ons nie. Die enigste nie-metaal deel van die wapentjie is die kunswerk op die voorkant wat van papier is. Die kunswerkie kry 'n beskermde lagie plastiek, wat die knopie se prentjie of voorkant duursaam maak.

Ons het talle ontwerpe, maar as jy 'n eie ontwerp in gedagte het, stuur dit per epos of landpos. As jy nie ‘n ontwerp het nie, maar iets met 'n tema in gedagte het – vra ons. Ons sal iets toepasliks ontwerp. Daar is geen ekstra kostes vir so 'n spesiale ontwerp nie.

Navrae

 

 

 

Home*Tuis
Up*Op
Produkte
Pryse
Navrae
Kontak

Bybel
Clarisse
Diere
Smileys
Sport
Vakansies
Woorde
Besighede
Vlae
Ander

SitemapWerfkaartHome*TuisUp*OpProduktePryseNavraeKontakBybelClarisseDiereSmileysSportVakansiesWoordeBesighedeVlaeAnder


ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

Free Ads
Gratis Advertensies

 ARK Web Design © 2008
ARK Webontwerp © 2008

 

Bybel vir Aflaai
Download Bible